

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 June 2002
LOUIS TRICHARDT – Die inligtingskiosk by die Safari Motors-kompleks sluit in Julie sy deure wanneer die diens oorskuif na die nuwe toerismekiosk op die hoek van Hlangananistraat en die N1.
Mnr. Jan Joubert, voorsitter van die Soutpansberg Toerisme- en Bemarkingsvereniging, het Donderdagaand lede van die Soutpansberg Sakekamer meer vertel oor die beoogde veranderings. Volgens hom sal Soutpansberg Toerisme die inligtingsfunksie by die nuwe sentrum behartig. Die plaaslike munisipaliteit het ook aangedui dat die subsidie vir die vereniging hervat sal word.
Mnr. Joubert het weereens 'n beroep gedoen op persone in die toerismebedryf om nie oorsese besoekers uit te buit gedurende die komende sonsverduisteringstydperk nie. Hy sê 'n billike tarief is rondom 25% meer as die standaardtarief vir die week waarin die sonsverduistering plaasvind.
Die Soutpansberg Toerismevereniging se jaarvergadering vind vroeg in Julie plaas.

ADVERTISEMENT:
