

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 April 2013
Vyf van Laerskool Louis Trichardt se rugbyspanne het die afgelope skoolvakansie ‘n rugbytoer meegemaak waar hulle teen heelwat sterker skole te staan gekom het.
Die Triegie-spanne presteer uitmuntend, met die O/9-spannetjie wat twee van hulle drie wedstryde wen. Hulle klop Laerskool Wierda Park (Centurion) 17-10 en Laerskool Birchleigh (Benoni) 12-5, maar verloor 5-10 teen Laerskool Tygerpoort.
Die O/10-span wen ook twee van hul drie wedstryde. Hulle wen teen onderskeidelik Laerskool Du Preez van Wyk (Bronkhorstspruit) 52-0 en Tygerpoort 7-5, maar verloor 14-17 teen Birchleigh.
Die O/11-span lewer die beste vertoning deur al vier hul wedstryd te wen. Hulle klop Tygerpoort 15-12, Laerskool Roodekrans (Roodepoort) 36-0, Du Preez van Wyk 19-7 en Laerskool Greenfields (Johannesburg) 31-0.
Triegie se tweedespan het swaar getrek en verloor al hul wedstryde. Laerskool Bosveld klop hulle 0-5, met Laerskole Klipfontein, Rietkuil en Edleen wat hulle onderskeidelik 7-17, 5-12 en 0-24 klop.
Die eerstespan vaar heelwat beter en spog met drie oorwinnings in hul vier wedstryde. Hulle klop Laerskole CR Swart (Pretoria), Nooitgedacht en Bergsig onderskeidelik 7-0, 24-7 en 43-0, maar verloor 0-5 teen Bosveld.
Dank het gegaan aan al die borge wat die toer ondersteun en moontlik gemaak het, insluitend ZC Pretorius Makelaars, PJ Ludick Abattoirs, Avoridge, Macridge, Werda Motors, Rubicon Precast, LTT Bolt & Nut, Christian Mocke, Die Vleismark, Water 2000, Muller Vermaas Voerkrale, Magnum Hunting Safari’s, Massey Ferguson (George Fogwell), Maestro Plant Hire, Nel, Havenga & Corbett, Makhado Rooftrusses, Viva Vulstasie (Bandelierkop), Kern & Dekker en Raymond’s Glass.

ADVERTISEMENT:
