ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Hierdie inligting kan die polisie help

 

News  Date: 12 April 2013

 

Doen die moeite om ‘n huis- of tuinhulp se besonderhede deeglik te dokumenteer.

Dit is die raad van mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, aan alle inwoners. “Dit klink miskien vir u belaglik, maar dit is waardevolle inligting wat die polisie in ‘n ondersoek kan help indien daar iets by jou huis gebeur,” sê Meissenheimer.

As veiligheidswenk waarsku Meissenheimer om onder geen omstandighede verbode immigrante in diens te neem nie, maar eerder deur die regte kanale te werk, soos die Departement van Binnelandse Sake en die SAPD.

“Neem ‘n foto van jou werker en maak ‘n afskrif van haar of sy ID-boek of paspoort. Verkry ook, waar moontlik, ‘n woonadres en telefoonnommer, asook die adresse en telefoonnommers van sy familie en vriende,” raai Meissenheimer inwoners aan.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines