ADVERTISEMENT:

 

Leonie presteer tydens moordende uithourit

 

News  Date: 01 August 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – 'n Ruiter van die Soutpansberg Ruiterklub, Leonie van Nieuwenhuizen, het presteer deur aan die nasionale kampioenskappe op Fauresmith deel te neem.

Leonie en haar Arabierperd, Ibn Azimdar, het die 63ste plek behaal in 'n tyd van 12:31. Louw en Ilze Cronjé van Musina het ook aan die byeenkoms deelgeneem. Die kompetisie strek oor drie dae en dek 'n afstand van 201km.

Om vir die gesogte kompetisie te kwalifiseer, moet ruiters vooraf aan ten minste drie 80km ritte deelneem en dit suksesvol voltooi. Daar was altesaam 319 inskrywings van ruiters uit alle dele van die land.

Na afloop van streng veearts ondersoeke, kon net 261 ruiters op die eerste skof vertrek. Tydens die strawwe uithourit het slegs 189 ruiters en hul perde na die derde dag die rit voltooi.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines