ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Nog meer gevalle van hondsdolheid in dorp

 

News  Date: 26 April 2013

 

Nog twee gevalle van hondsdolheid is die afgelope week in Makhado (Louis Trichardt) bevestig.

Dit volg op ‘n waarskuwing van die Staatsveearts in verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger dat een geval van hondsdolheid voorverlede week in die dorp geïdentifiseer is en dat die betrokke hond ‘n genadedood gegee is.

“Weereens is daar ‘n aantal mense gebyt en is hulle tans onder behandeling. Troeteldiereienaars word weereens versoek om hulle troeteldiere so gou moontlik teen die gevreesde siekte te laat inent,” sê die kantore van die Staatsveearts in ‘n verklaring.

Weens die ernstige aard van die siekte het die Staatveearts besonderhede van ‘n dringende inentingsveldtog bekend gemaak. Op 6 en 7 Mei tussen 12:00 en 18:00 sal inenting plaasvind in die munisipale park op die hoek van Reitz- en Rissikstraat, asook in die parkie oorkant Mount Fuji Motors, die parkeerterrein van die Soutpansberg Gholfklub, die park oorkant OK Grocer en by Laerskool Eltivillas. Enting sal ook op 8 Mei tussen 09:00 en 14:00 in Tshikota plaasvind.

Hondsdolheid is ‘n nootlottige breinsiekte wat deur ‘n virus veroorsaak word. Die virus kom voor in die speeksel van besmette diere en word deur ‘n dier se byt aan mense oorgedra. Dit kan ook oorgedra word deur besmette ingewande of breine wat in mense se oë, monde of oop wonde spat. By mense is die eerste tekens van die siekte erge kopseer, angs, koors, naarheid en ‘n vrees vir water, en vat tussen twee tot 10 weke om by mense en diere te manifesteer. Daar is geen behandeling vir die siekte nie en in die laaste stadiums kom verlamming voor, waarna die pasiënt in ‘n koma gaan en sterf.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines