

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 May 2013
Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) nooi al hul lede uit na ‘n vergadering op 15 Mei.
“Ons lede sal ons adviseer oor hoe hulle wil hê dat ons voortgaan met belastingaksies,” het voorsitter Inga Gilfillan gesê. Sy het voorts gesê dat die SBBV in hierdie stadium, terwyl hulle wag vir regsadvies, neig na die beklemtoning van die denkrigting aangedui deur die Konstitusionele Hof in die uitspraak van die Rademan-saak dat verbruikers nie hoef te betaal vir dienste wat nie gelewer is nie.
Die implikasies van die Rademan-saak sal op die vergadering bespreek word. Hierdie deurslaggewende vergadering van die SBBV sal om 18:00 by die kerksaal van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente (oorkant Hoërskool Louis Trichardt) gehou word.
“Deur te bevind dat inwoners nie vir dienste hoef te betaal wat nie gelewer is nie, is die deur oopgemaak vir inwoners wat dispute oor swak of geen dienslewering verklaar het. Volgens paragraaf 44 van die hofuitspraak kan ‘n inwoner ‘n klagte lê oor die bedrag betaalbaar vir ‘n spesifieke diens wat geag nie gelewer te wees nie en die inwoner kan slegs betaal vir die diens of dienste waarmee hy of sy tevrede is, beide ten opsigte van die bedrag sowel as die kwaliteit van die diens.
Dit sluit dus 100% aan by die prosesse wat die BBV’s al jare lank volg deur hulle griewe met ‘n papierspoor te vestig,” het mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie gesê.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
