

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 June 2002
LOUIS TRICHARDT – Die tolpad tussen Louis Trichardt en Messina gaan meer as R80 miljoen kos. Werk aan die opgradering van die eerste 70km van die pad het vandeesmaand begin.
Die opgraderingswerk word in drie afsonderlike projekte verdeel en sluit ook 'n tolhek in. Twee van die projekte, vir die padgedeelte tussen Louis Trichardt en Masekwaspoort en vanaf Masekwaspoort tot by kilometer 70, is reeds op tender uitgegee. Die beraamde koste vir die eerste gedeelte tot by Masekwaspoort beloop R41.2 miljoen en sal na verwagting teen die einde van Februarie 2003 voltooi wees.
Die tweede projek, vanaf Masekwaspoort tot by kilometer 70, sal na raming R38.1 miljoen kos en reeds teen die einde van November vanjaar voltooi wees. Tenders vir die derde projek, vir die laaste 20 kilometer suid van Messina, is nog nie toegeken nie.
Die hele N1 vanaf Pietersburg tot by Beitbrug is in 1998 tot nasionale pad verklaar. Die bemarkingbestuurder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Me Judith T. Annakie-Eriksen, sê die padbouwerk sluit 'n kombinasie van bedrywighede in, soos die toevoeging van geplaveide skouers en styg- en verbysteek bane en die herstel van sypaaie sowel as die toevoeging van 'n verskeidenheid veiligheidsverbeterings. Me Annakie-Eriksen sê 'n tolhek maak deel uit van die projek, omdat dit 'n noodsaaklike finansieringsinstrument vir die hele opgradering is. Die beste ligging vir die tolhek word met behulp van 'n omgewingsimpakstudie vasgestel, het sy gesê

ADVERTISEMENT:
