ADVERTISEMENT:

 

Tannie Anne Bressler, wat hierdie week 100 jaar oud word. Die foto is verlede jaar tydens haar 99ste verjaardagviering geneem.

Tannie Anne word 100

 

News  Date: 10 May 2013

 

Tannie Anne Bressler van Makhado (Louis Trichardt) vier hierdie week haar 100ste verjaardag.

Sy het Woensdag (8 Mei) verjaar aan’t huis van haar een dogter, Naomi Stander, waar sy die afgelope tien jaar versorg word. Sy is tans bedlêend.

Die twee ander dogters, Petra Henning van Nelspruit en Monica Uys van Pretoria, saam met die oorblywende broer, Hansie Bressler van Secunda, sal die naweek op die dorp byeenkom. Drie van haar seuns is die afgelope drie jaar oorlede.

Tannie Anne is op 8 Mei 1913 as ‘n nooi Snyman op Elandskuil naby Ventersdorp gebore. Sy het later jare op Germiston in ‘n klerefabriek gewerk. Na haar troue met Bybs (Johannes Petrus) Bressler, het die egpaar hulle op Carolina gevestig, waar Bybs ‘n plaas en motorhawe besit het.

Tannie Anne was al die jare intens betrokke by die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF). Na hul aftrede het die egpaar hul belange op Carolina verkoop en hulle in Middelburg gevestig, waar hulle nog steeds betrokke was by gemeenskapsorg-aksies.

Oom Bybs is op 10 Augustus 2003 in die ouderdom van 91 oorlede. Hy sou vanjaar 104 jaar oud gewees het.

Tannie Anne is ma van sewe kinders, ouma van 17 kleinkinders en grootouma van 23 agterkleinkinders.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines