

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 May 2013
Twee vermeende renosterstropers is die afgelope naweek deur veldwagters voorgelê en gearresteer in die Kruger Nasionale Park (KNP) toe hulle op die vlug probeer slaan het.
Volgens polisie inligting is ‘n ongelisensieerde .458 jaggeweer, ammunisie, twee byle en twee renosterhorings in die verdagtes se besit gevind. Die vuurwapen en ammunisie is vir ballistiese toetse gestuur, tesame met koeëls wat in ‘n renosterkarkas gekry is.
Die polisie ondersoek tans ook die moontlikheid of die twee verdagtes verbind kan word met nog twee ander renosters wat onlangs in dieselfde omgewing dood gekry is. Die twee verdagtes, Duminisani Baloyi (33) en Enok Mutuque (48), beide van Mosambiek, is in die Phafuri deel van die KNP in hegtenis geneem.
Baloyi en Mutuque is Maandag vlugtig voor die Louis Trichardt Distrikslanddroshof gebring waar hulle aangekla is van verskeie klagte wat verband hou met die onwettige jag van ‘n beskermde spesie in die KNP. Hulle saak is uitgestel tot 24 Mei vir verdere ondersoek. Beide bly in aanhouding tot dan.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
