ADVERTISEMENT:

 

Jong netbalspannetjie maak geskiedenis

 

News  Date: 14 June 2002

 

LOUIS TRICHARDT - "Vir die eerste keer in die geskiedenis van netbal het 'n laerskoolspan vanaf die Soutpansberge die Superliga gewen," vertel 'n opgewonde mnr. Johan Otto, hoof van Laerskool Louis Trichardt.

Dit volg nadat die skool se O/13A-netbalspannetjie, onder leiding van mev. Sussa Ehlers (afrigter), tydens die Noprussa Kampioenskappe as algehele wenners van die Superliga uit die stryd getree het.

Nadat dié spannetjie die A-liga wen deur Noordskool 17-11 en Ivypark 14-7 te klop, het die onverwagte gebeur. Mev. Ehlers en haar span het die wenners van die Superliga, Laerskool Tzaneen, uitgedaag tot 'n wedstryd. Die Superliga bestaan uit skole met meer as 1200 leerders, soos Laerskole Tzaneen, Thabazimbi, Pietersburg, Pietersburg-Oos en Pietersburg-Suid. Mnr. Otto het verduidelik dat dit mag gebeur dat die wenner van die Superliga gedaag word, maar dat dit in 23 jaar nog nooit gebeur het dat iemand die waagmoed getoon het om dit te doen nie.

Triegies se O/13A's het egter toe die onmoontlike vermag deur 14-9 met Tzaneen af te reken en sodoende as nuwe Superliga-wenners uit die stryd te tree. Dié superspannetjie gaan nou op 26 en 27 Julie deelneem aan die Noord-Vaal Netbalkampioenskappe te Potchefstroom.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines