

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 June 2004
MUSINA – Twee mans wat in Januarie op heterdaad betrap is na flink optrede deur die plaaslike polisie, is hier gevonnis tot onderskeidelik een jaar en vier maande tronkstraf.
Die een beskuldigde, David Makwena (18), is op 17 Januarie omstreeks 03:00 deur inspekteurs S. Neuhoff, R. Mokati, J.J. du Toit en inspekteur Sakala in Joe's Ladies Bar in hegtenis geneem, waar hy besig was om drank te steel.
Die ander beskuldigde, Lukas Cové, is later by sy woonhuis in hegtenis geneem, nadat hy deur sy medebeskuldigde uitgewys is.
Beide is op 7 Junie skuldig bevind op aanklagte van huisbraak en diefstal. Makwena is gevonnis tot een jaar tronkstraf. Cové is gevonnis tot vier maande tronkstraf of 'n R2 000 boete.
Al die drank wat die twee uit die kroeg uitgedra het, is teruggevind, waar dit in 'n buitetoilet versteek was.

ADVERTISEMENT:
