

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 May 2013
‘n Bekende en ‘n besonderse landboukenner van die Soutpansberg-streek, mnr. Johan van der Goot (70), is verlede Vrydag te ruste gelê, nadat hy op 6 Mei oorlede is.
Johan sal veral onthou word vir sy onuitputbare kennis van die beesboerdery en landbousake, nostalgiese herinneringe asook sy merkwaardige mensekennis. As ‘n boorling van die streek is Johan gebore op 12 November 1942 en het hy grootgeword op die Van der Goot-familieplaas, Schiermonnikoog, naby Vivo.
Nadat hy in 1962 aan die Hoërskool Piet Potgieter matrikuleer, loop hy klas by die destydse Onderwyskollege in Pretoria. Ná hy sy onderwysdiploma verwerf, besluit hy om sy pa, Japie, te kom bystaan met die beesboerdery. ‘n Paar jaar later, in 1976, trou hy met sy eggenote, Rina Louw. Vier kinders, Marleen, Japie, Cobus en Yssel, is uit die huwelik gebore.
In 1997 verhuis Johan en sy tweede vrou, Janet, na hul huwelik en kom vestig hulle permanent op Makhado (Louis Trichardt).
Ná afloop van Johan se afsterwe en begrafnis het die familie hul waardering uitgespreek teenoor drs. Anton Stroebel en Pierre Burger, asook die Zoutpansberg Privaathospitaal en Limpopo MediClinic vir hulp en bystand. Verder het die familie ook vir ds. Hans Grobler van die Gereformeerde Kerk bedank, wat die begrafnisdiens waargeneem het, en die susters vir die verskaf van die verversings. Die familie het ook almal bedank vir hul boodskappe, besoeke, oproepe en hulp.
“Dit word opreg waardeer,” het Johan se familie gesê.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
