

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 May 2013
Die Soutpansberg Dorpswag begin hierdie week met ‘n reeks berigte rondom hul werksaamhede, asook veiligheidwenke om die publiek te help in hul stryd teen misdaad.
“Ons doelstelling is om bewustheid van veilligheid, misdaadvoorkoming en die beskerming van ons families en hul eiendom daar te stel. Ons wil die oë en die ore van die polisie wees, asook om as waghond oor die gemeenskap te waak,” sê die voorsitter, mnr. Dirk Meissenheimer.
Meissenheimer verduidelik dat Makhado (Louis Trichardt) in vier sektore ingedeel is, elk met ‘n sektorleier.
“Daar word drie georganiseerde twee-uur skofte per sektor per nag gedoen. Elke patrolievoertuig is in besit van ‘n radio wat verbind is met die dorpswag se beheerkamer (Delta Wiskey). Ons is ook in radio verbinding met die polisie,” sê Meissenheimer.
Meissenheimer sê die dorpswag reageer op enige klagte, dag of nag, en verleen ook bystand en ondersteuning aan die polisie. “Soos u weet is die dorpswag altyd daar met bystand as daar ‘n probleem ontstaan. Lede stel soms hul lewens in gevaar om u, die publiek, te help. Lede is vrywilligers en word nie vergoed nie. Hulle gee nie alleen hul kosbare tyd nie, maar gebruik ook hul eie petrol en eie voertuig,” sê Meissenheimer.
Wat laasgenoemde betref, is die dorpswag opsoek na nog inwoners (veral die jonger geslag) wat kan help om die las te verlig op die lede wat reeds gereeld patrollies ry. Indien daar meer mense is wat ry, ry almal minder skofte.
“Kom wys wat in jou steek en bied jou diens aan vir die gemeenskap. Kom ons wys dat ons omgee vir ons vrouens en kinders en oumense, deur hulle te beskerm en ‘n veilige, misdaadvrye omgewing daar te stel. Mens weet nooit - môre is dit dalk jy wat kan deurloop onder die misdaad,” sê Meissenheimer. Hy voeg by dat hulle tans sowat 106 lede is wat duisende inwoners help beskerm. “Ons kort omtrent nog 200 lede om meer skofte te kan ry,” sê Meissenheimer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
