

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 May 2013
‘n Man wat drie jong meisies verkrag het, is verlede week drie keer lewenslank tronk toe gestuur.
Die 35-jarige Eric Rudzani Ndou het verlede Donderdag in die Louis Trichardt Streekshof verskyn op drie klagte van verkragting. Hy het op al drie klagte skuld erken.
Ndou het gedurende Junie 2011 tot Januarie 2012 drie meisies, waarvan twee 18 jaar en een 15 jaar oud was, verkrag. Al die verkragtings het in die Elim-area plaasgevind.
Ndou het ter strafversagting aan landdros Pat Cloete verduidelik dat hy ‘n eerste oortreder is en getroud is, met twee kinders tussen die ouderdomme van 10 en 15 jaar. Die Staat het egter Ndou se argumente teengestaan en gesê dat die enigste rede waarom hy skuldig gepleit het was omdat hy geweet het hy word deur DNS-toetse verbind met die verkragtings van die meisies. Dit het intussen aan die lig gekom dat Ndou ook op ander seksuele oortredings verhoorafwagtend is in Mamelodi en Villieria in Gauteng.
Ndou se lewenslange vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Landdros Cloete het ook in sy vonnis gelas dat Ndou 15 jaar van sy vonnis eers moet uitdien, voordat hy in aanmerking mag kom vir parool. Ndou se naam word ook outomaties opgeteken in die nasionale Seksuele Oortredersregister.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
