

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 June 2013
‘n Bekende oud-inwoner van Louis Trichardt, Johan (Oom Nartjie) Nortjé, is verlede Donderdag, 6 Junie, in die Milpark Hospitaal in Johannesburg oorlede, na ‘n omleidingsoperasie aan sy been. Hy was 79 jaar oud gewees.
Oom Nartjie het vir baie jare in die Soutpansberg-omgewing gewoon, nadat hy na ‘n lang dienstydperk uit die SAPD afgetree het. Hy het met sy polisieloopbaan op Mara begin en het daarna vir baie jare in die speurtak op Louis Trichardt diens gedoen. Sy seun, Dippie, het sedert 1977 vir vier jaar onder sy vader as bevelvoerder gewerk.
Oom Nartjie word oorleef deur sy vrou, Joekie, twee seuns (Johan en Dippie) en twee dogters (Marietjie en Susan), agt kleinkinders en een agterkleinkind. Sy begrafnisdiens is Vrydag, 14 Junie, om 10:00 vanuit die NG Moedergemeente.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
