ADVERTISEMENT:

 

Die direkteur tegniese dienste, mnr. Thivho Ralulimi, het bedank en die Makhado Munisipaliteit op 31 Mei verlaat.

Ralulimi bedank by Raad

 

News  Date: 20 June 2013

 

Die Makhado Munisipaliteit se ietwat omstrede Direkteur: Tegniese Dienste, mnr. Thivho Ralulimi, het bedank en die munisipaliteit op 31 Mei verlaat. Dit volg na 'n stormagtige paar jare diens wat begin het aan die einde van 2009 of begin 2010.

DIt wil blyk dat Ralulimi by die Mopani Distriksmunisipaliteit gaan begin werk. Hy het nog nie sy vyf jaar kontrak by die Makhado Munisipaliteit voltooi nie. Mnr. Ernst Joubert en mnr. L. Ragilana sal roteer as waarnemende direkteur totdat hierdie belangrike pos gevul is.

Me. Inga Gilfillan, voorsitter van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging, het die hoop uitgespreek dat ‘n uiters bekwame persoon op grond van professionele vaardighede en ondervinding aangestel sal word. Volgens die munisipale stelselswet van 2000, artikel 56 (1) (a) (ii) moet die werwingsproses onmiddellik begin en nie drie maande oorskry nie. Dit sou beteken dat 'n nuwe direkteur tegniese dienste op 1 September verwelkom sou kon word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines