

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 July 2003
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die vlak van die Albasinidam het gesak tot 60,49% op Vrydag (4de), nadat dit in die eerste maande van die jaar nog bo 70 % gestaan het.
Die gemiddelde stand van die Albasinidam vir Juniemaand was 61,52%, terwyl die vlak in die eerste twee maande van die jaar onderskeidelik 77,53% en 74,66% was.
Die huidige stand van water in besproeiingsdamme toon dat aanvullings daartoe kan bydra om toestande vir die komende lente meer voordelig te maak. Min inwoners dink egter nou al aan die lente, aangesien snerpende koue almal na hul warmste baadjies en jasse laat gryp het. Dit is te verstane, met nagtemperature wat daal tot 6ºC en laer en dagtemperature wat maar sukkel om 18ºC te haal. Die doupunt temperatuur op Dinsdag (8ste) was 1º C.
Reënneerslae gedurende Junie het ook bygedra tot die klappertand toestande. By die reënmeter van die Makhado Munisipaliteit is in Junie reën gemeet op die 10de (7mm), 11de (5,8mm), 23ste (4mm), 24ste (1,4mm), 26ste (0,7mm) en 'n redelike neerslag van 18,4mm op die 30ste. Sedert die begin van Julie is nog geen reën gemeet nie.

ADVERTISEMENT:
