

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 July 2003
LEVUBU – Inwoners sal vanaf 10 tot 12 Oktober vanjaar kan deel in die feesvieringe, tydens die hou van die streek se eie Afrikaanse Kultuurfees.
Buiten vir die geleentheid om lekker saam te kuier, kan feesgangers en hul gesinne ook uitsien na vele ander aktiwiteite soos boeresport, kaskarwedrenne, 4x4 waterkaskenades en vele meer. Persone wat die fees wil bywoon word ook versoek om hul vriende saam te bring en lekker saam te kamp op die rugbyveld. Die hele Afrikaanse kultuur sal uitgebeeld word. Vrydag se program begin met 'n lekker braai, met pap en sous wat voorsien sal word. Daarna sal die Mnr. en Mej. Kultuur aangewys word op die maat van goeie luistermusiek. Saterdag se program, waaraan oud en jonk kan deelneem, sluit in 'n bierpenskompetisie, toutrek, eiergooi, driebeen-resies, bokdrolspoeg en nog vele meer. Daar sal ook 'n veiling, trekkerskou, perde, volkspele en skyfskiet wees. Buiten hiedie aktiwiteite sal daar tot laatnag gekuier word saam met Chris le Roux en Jeanette as gaskunstenaars. Sondag sal die fees afgesluit word met 'n erediens. Persone wat graag 'n uitstalruimte wil bespreek vir die fees, sal moet gou spring. Vir meer inligting, skakel Marietha le Roux (083 451 8578), Pikkie Hoon (083 830 1141) of Hannes Smit (083 469 0159).

ADVERTISEMENT:
