ADVERTISEMENT:

 

Kindermolesteerders vir lang tydperke tronk toe

 

News  Date: 31 May 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Knap speurwerk deur lede van die plaaslike Kinderbeskermingseenheid (KBE) het die afgelope maand daartoe gelei dat verskeie misdadigers vir baie lang tydperke tronk toe gestuur is.

Vanaf 16 tot 22 Mei is altesaam vyf persone onderskeidelik in howe op Louis Trichardt en in Thohoyandou gevonnis vir misdade teen kinders onder die ouderdom van agtien jaar.

Die 20-jarige Makandela Mphephu word tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat hy daaraan skuldig bevind word dat hy in April verlede jaar 'n tienjarige dogtertjie met lekkergoed uitgelok en verkrag het. Sy vonnis is opgeskort vir vyf jaar. In die tweede geval is 'n 20-jarige man van Soekmekaar vir vyftien jaar tronk toe gestuur, nadat hy aan 'n klag van bloedskande skuldig bevind is. Die man het sy twaalfjarige suster verkrag, terwyl hul ouers inkopies gaan doen het in Maart verlede jaar.

Die 35-jarige T.S. Maphutha word op sy beurt tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat hy skuldig bevind word aan 'n klag van menseroof. Die saak hou verband met 'n voorval in Februarie 1999 waar Maphutha 'n minderjarige dogter van haar ouers se huis geneem het sonder hul toestemming. Hy en die dogter het saam gebly en ook seksuele omgang gehad.

In die laaste en ietwat bisarre geval, is twee seuns van onderskeidelik dertien en nege jaar tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat hulle erken het dat hulle seksuele omgang gehad het met 'n meisie onder die ouderdom van sestien jaar. Hul vonnis is in geheel opgeskort vir vyf jaar.

Inwoners moet daarop let dat die plaaslike KBE onlangs na 'n nuwe perseel verskuif het, naamlik Burgerstraat 68 en hulle kan te alle tye gekontak word by tel. 073 203 1824. Kort na hul intrek by die nuwe perseel het hulle 'n skenking ontvang in die vorm van 'n televisie en videomasjien van die plaaslike National Legal Aid-tak. Die eenheid het hul dank uitgespreek teenoor National Legal Aid en gesê die toerusting sal aangewend word tydens misdaadvoorkomingspraatjies by skole

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines