ADVERTISEMENT:

 

Enock Mutuque (middel, in leerbaadjie) en Dumisani Baloyi langs hom staan en gesels met hulle regsverteenwoordiger, nadat hulle skuldig gepleit het op 'n klag van renosterstropery. Hulle is vroeër vanjaar in die Kruger Nasionale Park se Phafuri-gedeelte aangekeer.

Twee renosterstropers pleit skuldig

 

News  Date: 28 June 2013

 

Twee vermeende renosterstropers, wat in die Kruger Nasionale Park (KNP) gearresteer is, het verlede week skuldig gepleit op die klagte teen hulle.

Dumisani Baloyi (33) en Enok Mutuque (48) is op 5 Mei vanjaar in die Phafuri-gedeelte van die KNP voorgekeer toe hulle probeer vlug het van die polisie. Tydens die twee se arrestasie is ‘n ongelisensieerde .458 jaggeweer, ammunisie, twee byle en twee renosterhorings in die beskuldigdes se besit gevind. Nie ver vanwaar die mans gearresteer is nie, het die polisie ook ‘n renosterkarkas ontdek waarvan die horings verwyder was.

Die twee mans het verlede Vrydag (21ste) in die Louis Trichardt Streekshof in Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte wat verband hou met die onwettige jag van ‘n beskermde spesie in die KNP. Hulle het skuldig gepleit op dié klagte.

Hulle saak is uitgestel tot 25 Julie vir vonnisoplegging. Mutuque en Baloyi sal in aanhouding bly tot hul volgende verskyning.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines