

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 July 2013
Die NG Kerk Soutpansberg se Jeug het einde verlede maand ‘n bietjie van hul vakansietyd opsy gesit en gaan help om die Matchawhawe Kerk (in die Siloam-omgewing) te gaan opknap.
Onder leiding van ds. Rudolph Botha het die jongklomp en ‘n paar ouers vanaf 24 tot 26 Junie daagliks na die kerkterrein gery om te help met opknappingswerk. Dié uitreik-aksie het deelgevorm van die gemeente en hul jongklomp se visie om gestalte te gee aan hul plig as Christene om uit te reik na hul medemens.
En daar was baie werk … Ondermeer is die kerk se dak, wat soos ‘n sterrehemel gelyk het van die gate, herstel. Alle vensterrame is ook met roesweerder geverf, terwyl al die sydeure van die kerkgebou vervang is. Trappies is ook by die sydeure gebou, asook ‘n oprit vir mense in rolstoele. Die kansel is ook opgeknap deur dit met nuwe kunsleer oor te trek en ‘n groot houtkruis as fokuspunt is agter die kansel gebou en opgerig. Buite om die kerkgebou is daar ook skoongemaak. Dit het behels die afbreek van ‘n ou, onooglike murasie (die vorige kerkgebou) op die kerkterrein. Die beplanning is dat van die stene wat vanuit die ou murasie herwin is, heraangewend sal word vir die bou van ordentlike buite toilette by die kerk in ‘n latere stadium. Nog ‘n projek waaraan daar later aandag gegee sal word, is om die kerkgebou se vloer te teel.
Die herstelwerk is moontlik gemaak deur skenkings vanuit die gemeente en gemeenskap. Van die boumateriaal en –gereedskap is ook uit eie fondse aangekoop. Die jongklomp het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat ‘n bydrae gelewer het, met spesiale dank aan die “Witvlag Tannies” wat hulle so lekker bederf het met eetgoed.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
