ADVERTISEMENT:

 

generic image

Vleishonger diewe slaan op Vivo toe

 

News  Date: 05 July 2013

 

‘n Onderneming op Vivo het die mees onlangse slagoffer geword van diewe wat hul geldkluis opgeblaas het.

Maandagoggend is die Vivo Vleismark se personeel begroet met 'n kluis wat stukkend geskiet is en ‘n gapende gat in die winkel se dak. Buiten duisende rande wat vermis was, is daar ook heelwat van die slaghuis se voorraad gesteel.

“Hulle het baie biltong gevat,” het die mede-eienaar van die slaghuis, mnr. Japie van der Goot, Dinsdag gesê.

By nadere ondersoek het dit aan die lig gekom dat die diewe die gat in die dak gesny het en daardeur geklim het. Hierna het hulle die alarmstelsel se sensor flenters geslaan, waarna hulle die kluis opgeblaas het.

Provinsiale polisiewoordvoerder lt. kol. Ronel Otto het die voorval bevestig en gesê dat die polisie besig is om ondersoek in te stel. Geen arrestasies is nog teen druktyd gemaak nie.

Hierdie inbraak kom sowat twee maande nadat ‘n bende van 10 vermeende OTM- en kluisbommers deur die Louis Trichardt Landdroshof vrygelaat is. Dié mans is daarvan verdink dat hulle verantwoordelik was vir die vlaag brandkluis-inbrake in Makhado (Louis Trichardt). Hulle saak is van die hofrol geskrap, omdat die saak toe alreeds vir vyf maande gesloer het.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines