

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 July 2013
Oom Billy Visser, ‘n welbekende in plaaslike bees- en wildkringe, is op 5 Julie na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 88 jaar oorlede.
Oom Billy was vir baie jare verbonde aan Vleissentraal waar hy in ongeveer 1960 begin het as bemarkingsbeampte. Meer onlangs was hy egter beter bekend as die redakteur van Ons Streek maandblad, waar hy homself besig gehou het met die neem van foto’s en skryf van berigte. Oom Billy was ook self ‘n boer in die Waterpoorrt-omgewing waar hy sedert die vyftigerjare met beeste geboer het.
Talle boere- en verenigings, asook vriende en kollegas, sal Oom Billy onthou as ‘n rustige en saggeaarde man met sy kamera en storieboek in die hand. Hy het veral ‘n groot liefde vir die natuur en wildbewaring gehad. Verder was hy wydbelese en sal ook onthou word vir sy uitmuntende algemene kennis van oorloë en wêreldpolitiek, asook sy mensekennis.
Oom Billy is in 1925 op die plaas Inveraan in die Blouberg-omgewing gebore. Hy laat sy vrou, Marie, kinders Ann, Humphrey en Gerrit met hul geliefde gades Danie, Giselle en Daleen, sewe kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.
“Ons gaan hom almal mis,” het die familie gesê.
Die familie het hul dank uitgespreek teenoor die dokters en verpleegpersoneel van die Zoutpansberg Privaathospitaal en veral drs. Vicus du Plessis (Alldays), Casper Venter en Emile Gaigher, wat hom die afgelope tyd so mooi bygestaan het.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
