

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 July 2013
Menige inwoner het die stroom water in Baobabstraat voor die OK Grocer in Makhado (Louis Trichardt) raakgesien en gerapporteer. Die water het die afgelope week begin uitborrel weens ‘n gebarste waterpyp.
OK Grocer eienaar Manny Perregil sê dat dit nou al die derde keer is dat boomwortels van die bome in die straat voor sy perseel die waterpype laat bars. “Ek gaan nou al die bome sny,” het Perregil Maandag gesê, terwyl ‘n paar van die groot ou bome alreeds in stukke gelê het. Die munisipaliteit het die een boom kom sny en Perregil het die ander laat afkap. “Dit het Sondag gebeur en die munisipaliteit het Maandag gekom,” het Perregil gesê.
Maandag het die Vhembe Distriksmunisipaliteit se waterdienste bestuurder in Makhado, mnr. David Mukosi, die Zoutpansberger laat weet dat die lek gerapporteer is en dat ‘n span aandag gee aan die gebarste pyplyn.
Die waterlek voor OK Grocer, algemeen steeds bekend as Ricky’s, is ook op die klagtelyn van AfriForum gerapporteer. Op die klagtelyn kommunikeer Vhembe dan direk met die klaers.
Dinsdag het Vhembe se kommunikasiebeampte, mnr. Moses Shibambu, laat weet dat die Mowkop reservoir 70% vol is, terwyl die reservoir in Berghstraat 100% vol is. Die hospitaal reservoir staan op 30% en die reservoir in Uitbreiding 7 op 25%. “Dinge is besig om weer te normaliseer,” het Shibambu gesê.
Plaaslike AfriForum voorsitter mnr. Wally Schultz het gesê dat een van die redes waarom waterpype nou dikwels bars, is eenvoudig die feit dat daar nou weer meer water vloei deur die pype, waarvan sommige oud is. Schultz is in die algemeen tevrede met die rapportering deur die publiek en waardeer diegene wat die feite, met adres en telefoonnommer, rapporteer. ‘n Effense leemte is dat Vhembe nog nie elke keer rapporteer wanneer ‘n saak afgehandel is nie.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
