ADVERTISEMENT:

 

Bekende skoolhoof lê die tuig neer

 

News  Date: 27 June 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die skoolhoof van Laerskool Louis Trichardt, mnr. Johan Otto, het verlede week van die skool afskeid geneem na 'n dienstydperk van bykans 'n kwarteeu.

Hy is sedert 1980 hoof van die skool. Na meer as twee dekades is talle van sy huidige leerlinge die kinders van oud-leerlinge van die skool. Johan Otto het in 1961 aan Middelburg Hoërskool gematrikuleer en hom aan die Potchefstroomse Onderwyskollege as onderwyser in Handelsvakke bekwaam. Hy het in 1965 in Vereeniging begin skoolhou en by dieselfde skool senior-assistant geword. Sedert 1971 was hy visehoof by Laerskool Kroonrand in Johannesburg. Alhoewel hy met 'n driejaar-diploma begin skoolhou het, het hy buitemuurs by die PU vir CHO 'n BA-graad behaal en later 'n B.Ed en BA Hons in Sielkunde by Unisa verwerf. In 1974 is hy aangestel as Sielkundige by die Kinderleidingkliniek in Pietersburg. Vanaf 1978 was hy sosio-pedagoog by dieselfde kliniek.

In 1980 is hy as hoof by die Laerskool Louis Trichardt aangestel. Hy was deurentyd betrokke by die breër onderwys. Vir ses jaar was hy ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwys-unie (Noordelike Provinsie) en het ook gedien op die Uitvoerende Raad van die Transvaalse Onderwysersvereniging. Hy was hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (nasionaal).

As ondervoorsitter van die nasionale koshuiskomitee van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (provinsiaal) was hy ook mede outeur van die koshuisbeleid van die destydse T.O.D.

Johan en sy vrou, Susan, sal in die dorp aanbly.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines