ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Belastingbetalers betaal R1m oor

 

News  Date: 18 July 2013

 

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het die geld wat hulle vir basiese water- en rioolheffings weerhou het, oorbetaal aan die Stadsraad.

Die SBBV het op 11 Julie ‘n tjek van om en by R973 000 aan die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) gegee, aangesien hulle die wateroutoriteit van Makhado (Louis Trichardt) is.

Die proses is nog aan die gang om die bedrae aan die individuele rekenings te allokeer. Dit is derhalwe nog te vroeg om te sê of dit die finale bedrag vir die basiese water- en riooloorbetaling sal wees.

Die gelde vir die basiese water- en rioolheffings is sedert 2008 deur die SBBV-lede weerhou, nadat ‘n dispuut met die Makhado Munisipaliteit verklaar is op grond van gebrekkige dienslewering. Hierdie bedrag het opgeloop tot na aan R1miljoen.

Intussen het die VDM die waterfunksies oorgeneem en die rekeninge is ook aan die begin van die jaar verdeel, sodat die water en riool aan Vhembe betaal word. Die verbruik van water is deurentyd maandeliks oorbetaal. Die basiese elektrisiteitsheffing en elektrisiteitsverbruik is elke maand aan die Makhado Munisipaliteit oorbetaal, terwyl die eiendomsbelasting teruggehou is. Dié bedrag beloop ongeveer R5 miljoen.

Tydens ‘n ledevergadering van die SBBV op 15 Mei, is daar ‘n besluit geneem dat die geld vir basiese water en riool oorbetaal sal word. Daar is ook besluit dat daar na die inwinning van regsadvies herbesin sal word oor die weerhouding, al dan nie, van die eiendomsbelasting. Die SBBV sal ten tye van ‘n algemene jaarvergadering op 29 Julie daaroor besluit.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines