

ADVERTISEMENT:

News Date: 19 July 2013
Vir die boere en inwoners van die Mara-, Vivo- en Waterval-omgewing het die arrestasie van drie vermeende koperdiewe as ‘n welkome brokkie nuus gekom.
Die polisiewoordvoerder van die Mara polisiestasie, konst. Tsietsi Lamola, het hierdie week bevestig dat drie mans tussen die ouderdom van 28 en 31 jaar gearresteer is. Volgens Lamola is dié verdagtes saam met nog twee ander verdagtes verlede Vrydag (12de) vasgetrek tydens ‘n roetine polisiepatrollie.
Die bakkie waarin die mans voorgekeer is, was vol koperdrade en transformators gewees. Twee van die vyf mans het op die vlug geslaan toe hulle sien daar kom moeilikheid.
Lamola het gesê dat hulle polisieëringsarea swaar gebuk gaan onder kabeldiefstal en dat die polisie tans besig is om die moontlikheid te ondersoek of die mans wat Vrydag gearresteer is, verbind kan word met ander soortgelykte klagte.
Phineus Nkosi (31), Thompson Chimanga (29) en Joseph Maposa (28) het Dinsdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn. Hulle saak is uitgestel tot en met 23 Augustus, waarna hulle na verwagting 'n formele borgaansoek sal bring. Al drie sal in aanhouding bly tot dan.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
