

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 July 2013
Vir die heel eerste keer word Afrikaans nou ook gereeld gehoor op die plaaslike gemeenskapsradio, Makhado FM.
Die Afrikaanse inset kan weekliks op Woensdae vanaf 11:00 tot 11:30 gehoor word op 107.3 FM.
Die Afrikaanse bydrae word hanteer deur die bekende, deurwinterde plaaslike radioman, Alec Nel, wat onderhoude voer met plaaslike gassprekers oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van belang vir inwoners van die Soutpansberg-streek.
Met die eerste in die reeks onderhoude is plaaslike eiendomsagent Hettie Roets uitgevra oor die huidige stand van die plaaslike eiendomsmark. Volgens die onderhoud is toestande op die oomblik gunstig vir kopers, terwyl die situasie aansienlik kan verander, afhangende van onder meer die beleggingsplanne van verskillende mynmaatskappye.
Verlede Woensdag was die voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, mnr. Dirk Meissenheimer, aan die woord oor hierdie belangrike organisasie se werksaamhede.
Alec lewer die inset as ‘n vrywillige gemeenskapsdiens. Hy was voor sy aftrede vir 25 jaar in die uitsaaiwese en het die plaaslike nuuskantoor van die voormalige SAUK vir etlike jare bestuur. Hy was later ook betrokke by TV2 en TV3 se aktualiteitsprogramme.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
