

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 July 2013
‘n Hele vloot klassieke Citroen motors het voorverlede naweek deur Makhado (Louis Trichardt) getoer en sommige inwoners was gelukkig om dié besonderse voertuie waar te neem.
Van die Citroen ID en DS tot die sogenaamde “lelike eendjies” wat eintlik soos skilpadjies lyk (Citroen 2CV) en die 2CV paneelwaens, wat steeds volop in Europa is, was te siene. Die ouderdomme van die modelle wissel van 1953 tot 1992.
Die Citroen motorklub van Suid-Afrika en die ID en DS Gesinsnaweekklub (Noordstreek) het tydens hul gesamentlike jaarlikse toer op 11 Julie vanaf Durban en Johannesburg in Polokwane aangekom. Op Vrydag (12de) het die 23 klassieke Citroens by die Anglo Boere-oorlogmuseum by die Lalapanzi Hotel suid van Makhado (Louis Trichardt) aangekom, waar mnr. Charles Leach hulle oor die museum ingelig het. “Daar was soveel vriendelikheid en opgewondenheid en lekker samesyn. Hulle spoggerige karre is iets wonderliks om te sien. Hulle is absoluut in ‘n perfekte toestand en binne-in kry jy die reuk van nuwe leer,” het Leach gesê.
Skuins voor 13:00 dieselfde dag het die stoet op die N1 deur die dorp gery op pad na Dr. Sarah Venter op die Witvlagpad vir ‘n seminaar oor die kweek van kremetartbome en al die gebruike daarvan. Hulle het ook die Verwoerd Tonnels besoek. Op Johann Fourie se plaas, Naus, het braaikole, pap en tamatiesous vir die hele groep van 45 persone gewag. Die groep het by Tshipise oornag. “Saterdagoggend het ons een van die grootste kremetartbome in die wêreld besoek. Van die lede het nog nooit ‘n kremetartboom in volle glorie gesien nie; dit was iets besonders! Sondag het ons die dag op Popelin Ranch gekuier, waar ons die wit leeus kon sien en ons het ook in die Limpoporivier gaan stap,” vertel mnr. Nic van Niekerk , voorsitter van die ID en DS Gesinsnaweekklub.
Maandag kon die Citroens weer op die N1 gesien word, terwyl hulle deur die dorp gaan op pad na Magoebaskloof. Die klub se laaste besoekpunt van die toer was Kaapsche Hoop in Mpumalanga.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
