ADVERTISEMENT:

 

Vier dood tydens "stil" tydperk op paaie

 

News  Date: 24 May 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Plaaslike nood- en reddingsdiens personeel beleef tans 'n betreklike stil tydperk wat ongelukke betref.

Sedert die begin van die maand het ongelukke op die streek se paaie die lewens van vier persone geëis. Een persoon is op 1 Mei dood in 'n ongeluk op die N1 noord van die dorp, terwyl drie persone op 4 Mei gesterf het in 'n ongeluk op die Vivo-pad.

In totaal is dertien ongelukke reeds aangemeld. Ses persone het ernstige beserings opgedoen, terwyl 14 lig beseer is.

Volgens mnr. Nico Theunissen van die plaaslike Verkeersafdeling is meeste van die ongelukke veroorsaak vanweë bestuurders se nalatige optrede. In een van die ongelukke waarin daar lewensverlies was, sê hy, het alkhohol 'n rol gespeel, terwyl onpadwaardigheid van voertuie steeds 'n faktor bly.

Wat ongelukke in die dorp betref, het mnr. Theunissen inwoners vermaan om versigtig te bestuur in strate wat van oos na wes loop. Hy sê dat veral in die wintermaande die son baie laag sit en bestuurders totaal verblind, veral vroegoggend en laatmiddag. Op 10 Mei was daar reeds 'n geval waar 'n motoris met 'n vragmotor gebots het, aangesien hy deur die son verblind is en nie die vragmotor betyds gesien het nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines