ADVERTISEMENT:

 

Vlieënier mik na wêreldrekord met landings en opstygings

 

News  Date: 24 May 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Vlieënier van Johannesburg gaan eerskomende naweek probeer om die rekordboeke te herskryf as die persoon wat die meeste opstyg en landings uitgevoer het binne 'n 24 uur periode.

Steve Marais gaan op 25 en 26 Mei poog om 'n nuwe Guinness World Record op te stel in sy Piper Cherokee 235. Die huidige rekord staan tans op 157 opstyg en landings tussen twee lughawens binne 'n 24 uur periode en word gehou deur Edward Oppermann van Houston Texas in die VSA. Oppermann het 'n gemiddeld van een landing elke nege minute en 28 sekondes gehandhaaf teen 'n gemiddelde grondspoed van 95.73km/h en 7.5 landings per uur. Marias gaan poog om 180 opstyg en landings uit te voer met 'n gemiddeld van nege landings per uur en 'n grondspoed van 124km/h.

Marais se wêreldrekordpoging is onderworpe aan vier vereistes, naamlik dat hy van twee vliegvelde gebruik moet maak wat ten minste 16km uitmekaar is, dat die vliegvelde as lughawens aangedui moet word op lugkaarte, dat alle opstygings en landings deur 'n derde party bevestig moet word en dat landings slegs sal geld indien al die vliegtuig se wiele gelyktydig op die grond is.

Marais gaan van die vliegveld buite Louis Trichardt en Lugmagbasis Louis Trichardt gebruik maak. Die rede waarom hy besluit het om dit juis hier te doen, is omdat dit die enigste vliegvelde is wat aan bogenoemde vereistes voldoen. Daarbenwens beskik beide ook oor ligte op die aanloopbane vir naglandings.

Marais sal Saterdag om 15:00 met sy poging begin, na afloop van 'n kort inligtingsessie by die dorp se lughawe om 13:30.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines