ADVERTISEMENT:

 

Koerant in toegeboude bottel 'n raaisel

 

News  Date: 13 June 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Wat sou die rede wees waarom 'n koerant van 1985 in 'n bottel geseël en binne 'n pilaar toegebou is? Die tergende geheim hang rondom die ontdekking van 'n ou Zoutpansberger vroeër die week.

Volgens mnr. Frik Nel, 'n plaaslike boukontrakteur, het hulle herstelwerk aan 'n huis in Stubbsstraat gedoen naby die hoërskool. Dit het onder meer die aanbring van 'n ekstra afdak behels. Van die ou, geboude pilare moes afgebreek word om die afdak te akkommodeer. Binne een van die pilare het hulle afgekom op 'n Sparletta bottel waarvan die prop met kleefband geseël is. Binne was 'n koerant netjies opgerol.

Die koerant is met groot moeite uitgehaal en het vir interessante leesstof gesorg. Dit was 'n Zoutpansberger van 18 Oktober 1985, met die hoofopskrif "KSOK voortaan gereeld hier". Van die berigte binne handel oor die bou van 'n nuwe sportsaal op die dorp en die opening van die Rooikat kroeg.

Om watter rede iemand dié spesifieke koerant vir die nageslag wou bewaar, is nie seker nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines