

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 September 2013
Hoërskool Louis Trichardt se kultuurvlae wapper hoog met die aankondiging dat albei hulle toneelgroepe eerste in hul onderskeie tienertoneel streeksfeeste gekom het.
Die afgelope naweek het die toneelstuk Stemtoon van Marcel van Niekerk geskitter by die ATKV tienertoneel se Gauteng-Suidstreek in Sasolburg, terwyl Flikker van Nico Scheepers uitgeblink het in die Unisa Kleinteater in Pretoria Triegies-toneel skitter
tydens kompetisies(Gauteng-Noordstreek). Twee streke van die land se toneelgroepe moes toekyk hoe ‘n Limpopo-skool beide streke se eersteplekke opraap.
Daar word nou met groot afwagting uitgesien daarna dat die ATKV die 10 beste toneelstukke in die land aankondig en uitnooi om by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom op te tree. Daar word op punte en meriete besluit watter 10 toneelstukke uitgenooi word en dit volg nie outomaties dat ‘n groep uitgenooi sal word omdat hulle eerste in ‘n streek gekom het nie.
Marcel van Niekerk en die Stemtoon–groep beskryf hul eerste ATKV tienertoneel streekskompetisie as ‘n fantastiese ervaring. “Die ATKV se aanbieding en organisasie is absoluut puik en professioneel. Beoordelaar Retha Pohl het gesê dat sy die stuk as ‘n drie-dimensionele stuk ervaar en dat sy wens dat sy die stuk van ‘bo’ af kon gesien het. Pedro Kruger het gesê dat hy lank gedink het aan die regte woord om die stuk te beskryf. Pedro het uiteindelik gesê dat dit ‘n stuk is wat ‘hart’ het,” sê Van Niekerk. Hy sê verder dat die groep se eenheid en samewerking baie komplimente uitgelok het. “Ek wil graag die Here die eer gee. Ons het ervaar hoedat Hy ons versterk het,” sê Van Niekerk. Stemtoon, ‘n stuk met ‘n boodskap van hoop, het ses goue toekennings ontvang, vir regie, verhoogbestuur, tegniese versorging, individuele toneelspeler Marietjie Leonard, individuele speler Jamy Jonker en vir ensemblespel.
Op sy beurt is regisseur Nico Scheepers in ekstase oor Flikker se optrede. “Dit het uitstekend gegaan, beter as al die vorige jare,” sê Nico Scheepers. Dit was die vierde agtereenvolgende jaar dat ‘n stuk van Scheepers as streeksfinalis aangewys word. Twee van sy drie toneelstukke van die afgelope drie jaar het eerste in die land by Aardklop geëindig, Kolom in 2010 en Loodballon in 2011. “Dit was ‘n uitstekende ervaring met ‘n groep waarvan sommige spelers geen vorige toneelondervinding het nie. Die beoordelaars was mal oor die opvoering en het die show net geprys. Hulle het ook die dorp geprys vir die kultuur wat ons bevorder,” sê Scheepers. Flikker gaan oor die sinnelose geweld wat in elkeen skuil en het ses goue toekennings gekry, vir regie, ontwerp, beligtingsontwerp, tegniese aspekte, individuele speler André du Preez en vir ensemblespel.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
