

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 September 2013
‘n Leraar van Makhado (Louis Trichardt) sal binnekort verhoor word op verskeie klagte wat verband hou met beweerde oortredinge van die Vuurwapenwet.
Philip Arnoldus Venter (58), leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het Dinsdag vir ‘n derde keer in die distrikshof hier verskyn. Volgens sy klagstaat sal hy teregstaan op klagte wat verband hou met die nalatige verlies van ‘n vuurwapen(s) en ook bedrog.
Venter het op 5 Julie vir die eerste keer vlugtig in die hof hier verskyn op al die klagte. Tydens sy laaste hofverskyning is ‘n verhoordatum vasgestel vir 31 Oktober. Die aanklagte teen hom sal dan formeel aan hom gestel word, waarop hy dan sal moet pleit.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
