ADVERTISEMENT:

 

Kitsbankdief loop sy rieme styf

 

News  Date: 17 May 2002

 

LOUIS TRICHARDT - 'n Besoeker vanaf Potgietersrus het hom lelik vasgeloop teen wetsgehoorsame omstanders toe hy 'n niksvermoedende dame by 'n kitsbank probeer kul het.

Die man het homself verlede week as 'n veiligheidswag voorgedoen in 'n stadium toe die kitsbank by die FNB-tak op Louis Trichardt onbeman was. Dit was omstreeks 11:00 verlede Woensdag. Hy het nader gestaan toe 'n 40-jarige vrou hulp gevra het met 'n onttrekking.

Die man het haar kaart geneem en haar geheime nommer gevra en vir haar beduie om solank die bank binne te gaan om haar geld daar te kry, wat hy vir haar by die kitsbank sou onttrek.

Toe sy die bank binnegaan, het hy die transaksie voltooi en met haar kaart en geld laat spaander.

Omstanders wat die petalje dopgehou het, het hom agterna gesit en gevang en na die polisiekantoor gebring, waar hy formeel aangekla is van roof.

Inspekteur Musena van die SAPD op Louis Trichardt het die bestuur en die Gemeenskapspolisiëringsforum se waardering uitgespreek teenoor die mense wat gehelp het om die boosdoener aan te keer. Hy sê dié soort optrede van die publiek is vir die polisie besonder waardevol. Hy het mense aangemoedig om op die wyse betrokke te raak by die stryd teen misdaad.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines