

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 September 2013
Mnr. Dirk Meissenheimer van Makhado (Louis Trichardt), of sommer oom Dirk soos hy alom bekend staan, is hierdie Woensdag weer terug by die werk ná hy vir lank ernstig siek was.
Dirk, wat aktief betrokke is by verskeie gemeenskapsorganisasies soos die Soutpansberg Dorpswag, was vir weke ernstig siek gewees. Sowat twee weke gelede moes hy dringend behandeling ontvang vir niersteenprobleme en het hy ook 'n operasie ondergaan by die Tzaneen Medi-Clinic, waar hy ook vir 'n tyd lank opgeneem is.
“Voor dit was ons omtrent elke aand by die Zoutpansberg Privaat Hospitaal,” het Dirk se vrou, Naómy, vertel. “Dit gaan nou goed en hy is weer terug by die werk; hy wil niks weet van by die huis bly nie.”
Dirk is Dinsdagaand vanuit die hospitaal ontslaan. Vir inwoners van die dorp, vriende en familie was dit ‘n goeie tyding. Dirk is al jare betrokke by die Soutpansberg Dorpswag, plaaslike misdaad- en sekuriteitsforums en ook die CANSA Relay for Life.
Na afloop van die tyd wat hy in die hospitaal deurgebring het, het Dirk en Naómy die volgende mense bedank: die Zoutpansberg Privaat Hospitaal en personeel, dr. Van der Walt, die Tzaneen Medi-Clinic en personeel, vriende, familie en al die inwoners van Makhado (Louis Trichardt).
“’n Spesiale woord van dank aan dr. October, die uroloog van Tzaneen, wat rêrig uit sy pad gegaan het om ons te help,” het Dirk en Naómy gesê. “Ook aan ons bure en vriende, Karel en Trudi Breytenbach, wat ons die heeltyd bygestaan het, baie dankie.”
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
