ADVERTISEMENT:

 

Gewonde sekuriteitsman se toestand versleg

 

News  Date: 30 May 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Deon Geyer, die sekuriteitsman wat ernstig gewond is in 'n gewapende rooftog op 16 Mei, het 'n terugslag ondervind en is Dinsdag (27ste) weer afgevoer na die Pietersburg Mediese Kliniek.

Deon het tuis aangesterk na 'n nagmerrie ondervinding waarin 'n rower hom in sy wangbeen geskiet het. Die koeël het beide kakebene uitmekaar geskeur en by sy agterkop uitgegaan. Hy is onmiddellik na Louis Trichardt Gedenkhospitaal geneem, waar sy familie en die mediese personeel hom ondersteun het. "Daar was soveel bloed, dit het gelyk soos 'n skaap wat geslag is," het sy geskokte moeder, mev. Magda Naisbitt, gesê.

Deon is daarna met 'n nooddienste helikopter afgevoer na Polokwane en daarna na die Unitas Hospitaal in Pretoria waar hy 'n delikate kaakoperasie ondergaan het. Die dokter daar se woorde was dat hy "baie gelukkig is om te lewe." Op 20 Mei was Deon terug in die hoë sorgeenheid van die privaathospitaal in Polokwane. Verlede Vrydag is hy huis toe gebring om tuis aan te sterk.

Deon het Maandag gesê dat dit vir hom sleg is dat hy nie nou in staat is om terug te gaan werk toe nie, maar dat die dokters gesê het dat hy dit baie rustig moet vat. Hy kon al 'n bietjie rondstap, maar het nog dronkerig gevoel. Maandagnag het sy toestand verswak, waarna hy Dinsdag teruggeneem is Polokwane toe.

Intussen het Fanie en Rentia Geyer 'n hulpfonds vir Deon gestig, aangesien Deon nie oor 'n mediese fonds of ongeskiktheidspolisse beskik nie. Hy het ook 'n vrou en seuntjie om te versorg. Die hulpfonds is by Absabank onder die naam D. Geyer rekeningnommer 9094669235.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines