ADVERTISEMENT:

 

´n Polisiekonstabel van die Makhado Polisiestasie by die bakkie waarop daar Maandag beslag gelê is. Agterop is heiningpale wat vermoedelik gesteel is deur ´n vyf-man-bende.

Vreugde ná heiningpaal-bende vasgetrek word

 

News  Date: 27 September 2013

 

Boere en grondeienaars in die Rondebosch-area buite Makhado (Louis Trichardt) was verheug om die nuus te hoor van ‘n vermeende bende heiningpaaldiewe wat hierdie week voor stok gekry is.

Dié  bende is vroeg Maandagoggend glo op heterdaad betrap op die plaas van mnr. Jan Louw. Dit is nie die eerste keer wat sulke kriminele sy plaas teiken nie. Dit is nou al maande lank, sê Louw, wat sy heiningpale (droppers) weggedra word. “Hierdie skelms besef nie hoeveel skade hulle jou boerdery aanrig vir die paar rand wat hulle vir die skroot ontvang nie,” het Louw gesê.

Daar word vermoed dat die pale wat buitgemaak word vir skrootmetaal verkoop word.

Louw het Maandag, toe hy die nuus gekry het dat daar weer van sy heiningpale gesteel is, dadelik ‘n verklaring by die Makhado polisie gaan aflê. Terwyl polisie nog besig was om die verklaring af te lê, het Louw ‘n oproep ontvang dat daar ‘n bakkie met ‘n vrag vol ysterpale op die plaas voorgekeer is. Daar was vyf mans in die bakkie.

Die polisie het dadelik gaan ondersoek instel en die mans summier gearresteer. “Genoeg is genoeg,” het Louw gesê. “Verlede maand het hulle tot die binne-heining van my buurman se plaas gesteel.”
Louw het bygevoeg dat dié soort diefstal dit veral vir beesboere moeilik maak om hulle beeste uit die pad te hou. “Dit is ‘n hele dag se werk om ‘n gesteelde grensdraad weer op te rig.”

Die vyf verdagtes sal na verwagting Woensdag voor die hof gebring word om aangekla te word.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines