

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 October 2013
Die matriekafskeid by Hoërskool Eric Louw was vanjaar baie spesiaal. Vanjaar se funksie het op Saterdagaand, 21 September, om 18:00 in Eric Louw se skoolsaal plaasgevind. Anandie Oosthuizen het eerste verskyn en die aand geopen, te midde van bewonderende en waarderende toeskouers.
Dié briljante student en belowende swematleet, wat destyds in ‘n tragiese motorongeluk onderweg na ‘n skolesportbyeenkoms sodanig beseer is dat sy sedertdien van ‘n spesiaal-toegeruste rolstoel gebruik moet maak, het met haar verskyning openlike bewondering ontlok met haar stralende voorkoms en treffende uitrusting.
Die algemene kommentaar was: “Sy het absoluut stunning gelyk! ”
Haar moeder, mev. Annelie Oosthuizen, het haar waardering en dank uitgespreek teenoor almal wat betroke was om van die aand ‘n besonderse geleentheid te maak. “Baie dankie aan Louise en haar span vir die pragtige saal, vir Sany en Elshe van Louis Trichardt wat Anandie se hare versorg en grimering behartig het, Vissie en Sanet met die seuns wat vir haar die dag so mooi gemaak het; die fotograwe van Maya-lee en PIX vir al hulle geduld; me. Cobie Mostert, waar sy aangetrek het en Gerhard van Polokwane, wat haar rok vir haar ontwerp het.”
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
