

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 October 2013
“Dit was vir ons ‘n belangrike blootstelling en ervaring – ‘n groot voorreg en ‘n geleentheid om ook ander toneelgroepe se werk te kon sien,” sê regisseur Marcel van Niekerk, wat saam met sy toneelgroep verlede week teruggekeer het vanaf die Aardklop kunstefees in Potchefstroom waar die leerlinge van Hoërskool Louis Trichard opgetree het.
Marcel is skrywer en regisseur van Stemtoon, een van die twee ATKV-bekroonde toneelstukke wat vanjaar deur die skool opgelewer is. Die toneelstuk was onder die ATKV se top 10 finaliste.
“Dit was ons groep se heel eerste deelname by Aardklop en dit opsigself beteken baie vir die kinders se motivering. Vir ons was dit ‘n uitstekende finaal. Hoewel ons nie daar enige pryse gewen het nie, was dit ‘n uitstaande belewenis," sê Marcel.
Hy het groot lof vir die gehalte van die aanbiedings by die fees. Daar was weinig verskil in die gehalte van die finale deelnemers.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
