ADVERTISEMENT:

 

Flikker, een van die ATKV Tienertoneel se streeksfinaliste, het algeheel vierde geëindig in die nasionale kompetisie wat verlede week by die Aardklop Kunstefees gehou is. Foto: Zoë Photography/Annamarie Brink.

Flikker eindig vierde by Aardklop

 

News  Date: 04 October 2013

 

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het teruggekeer met ‘n algehele vierdeplek vanaf die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.

Die skool se Flikker toneelstuk van Nico Scheepers, wat vroeër vanjaar aangewys is as die ATKV se streekswenner, is uitgenooi om by Aardklop te gaan opvoer. Dit is ‘n prestasie wat Nico al vier jaar na mekaar behaal het.

Flikker gaan oor die sinnelose geweld wat in elkeen skuil en het ses goue toekennings gekry, vir regie, ontwerp, beligtingsontwerp, tegniese aspekte, individuele speler André du Preez en vir ensemblespel.

Hierdie jaar het die Hoër Meisieskool Bloemhof, met hulle toneelstuk Sneeuwitjie en die Sewe Zombies, stof in die oë geskop van die ander skole toe hulle as wenners bekroon is. Die naaswenner was die Hoërskool Jan van Riebeeck met hulle produksie, Kragbox.

Flikker is ook as ‘n finalis genomineer in die kategorieë beste hantering van tegniese aspekte, beste ensemblewerk, beste akteur in ’n ondersteunende rol (André du Preez as Silas) en beste regisseur (Nico Scheepers).

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines