

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 October 2013
‘n Motorongeluk op die Levubu-pad het die afgelope Saterdag die lewe geëis van ‘n jong inwoner van die streek.
Die 18-jarige At Brits was op pad vanaf Makhado (Louis Trichardt) na sy ouers wat in Levubu bly, toe die ongeluk omstreeks 06:00 plaasgevind het. Die bakkie waarmee hy gery het, het bo-oor 'n bruggie in die pad getrek. Hy is opslag dood. So ver dit bekend is, was daar geen ander voertuie in die voorval betrokke nie. ‘n Familievriend, Pieter Schlesinger, het Maandag gesê die polisie ondersoek nog die voorval om te bepaal wat aanleiding tot die ongeluk gegee het.
At, het hy gesê, het sowat twee jaar terug saam met sy familie na Levubu verhuis. Hy was ten tye van sy afsterwe vir hulle werksaam.
‘n Begrafnisdiens is Donderdag, 11:00 vanuit die Agapé Kerk op Makhado (Louis Trichardt) vir wyle At gehou. Hy word oorleef deur sy pa, At snr., sy ma Adéle en sy broer Danie.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
