ADVERTISEMENT:

 

Oud-Triegie sterf in ongeluk

 

News  Date: 03 May 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt en belowende jong kunstenaar, Liezl Liebenberg (29), is Sondag, 28 April in 'n motorongeluk op die snelweg tussen Potchefstroom en Johanneburg oorlede.

Liezl het vermoedelik uitgeswaai vir iets in die pad, waarna haar voertuig voor die aankomende verkeer ingetol het. Oomblikke later het 'n voertuig in haar vasgejaag. Liezl, asook haar ses-jaar-lange vriend wat saam met haar in die voertuig was, Andries Niewoudt (30), is op slag dood. Die bestuurder van die ander voertuig is ook dood, terwyl drie ander mense ernstig beseer is.

Liezl, dogter van Flip en Kobie Liebenberg wat destyds verbonde was aan die Departement Bosbou op Louis Trichardt, het in 1990 te Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Sy verwerf in 1994 haar nasionale diploma in beeldende kunste, waarna sy in 1997 haar B-tech graad ontvang in beeldende kunste met beeldhou as hoofvak. Haar unieke kunswerke het geweldige belangstelling in die kunswêreld ontlok. Buiten vir talle solo- en groepuitstallings op nasionale vlak, is van haar werke ook uitgestal by die Axis Gallery in New York en in België.

Liezl word oorleef deur haar ouers, broer Rudi en suster Helena.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines