ADVERTISEMENT:

 

Wyle Jan Ernst Crafford (28 Mei 1928 - 2 Oktober 2013). Foto verskaf.

Oom Jannie was ‘n legendariese man

 

News  Date: 18 October 2013

 

Met die afsterwe van die 90-jarige oom Jannie Crafford verloor die streek 'n pionier en entrepreneur. Tot aan die einde kon oom Jannie nog entoesiasties gesels oor sport en politiek en alle sake van die dag.

Jan Ernst Crafford is op 28 Mei 1923 naby Ladismith gebore. Die depressie het die gesin swaar getref en in 1928 verhuis hulle per trein na die Soutpansberg. In 1940 koop oom Jannie se pa (ook Jan Ernst Crafford) ‘n gedeelte van die plaas Welgevonden, waar die regering in die twintigerjare ‘n besproeiingskema vir kleinboere gevestig het. Hier vestig die Craffords ‘n susksevolle boerdery met hulle kenmerkende werkywer .

Oom Jannie begin in 1942 as klerk in die mynkantoor op Messina en sluit  na twee jaar by die staatsdiens aan. Hy werk vir verskeie jare as belastinggaarder in Venda. Sy kenmerkende entrepreneurstalente kom tydens die oorlogsjare na vore en hy begin met skaars goedere smous, sodat hy teen 1947 sy eerste kar kon koop.

In 1949 trou Jannie met Marie Fourie en die egpaar vestig hulle op Sibasa en later op Zebediela en Nylstroom. Na sy pa se afsterwe in 1960 koop hy die plaas op Welgevonden uit die boedel. Jannie en Marie verhuis in 1967 met hulle gesin terug na Sibasa, waar Jannie sy suksesvolle sakeloopbaan voortsit. Oud-Sibasa inwoners onthou veral C&M Motors en die pionierswinkel, Sibasa Trading Store.

 In 1998 verwesenlik oom Jannie sy droom om op Welgevonden af te tree. Na 56 jaar se getroude lewe ontval tannie Marie hom in 2005.

In 2008 tree Jannie in die huwelik met Dorothy Wessels en die egpaar vestig hulle in die Bosveldsig-aftreeoord op Modimolle, waar hy op 2 Oktober sterf na ‘n kort siekbed.

Oom Jannie was ‘n gesonde, energieke mens wat tot op 75-jarige ouderdom nog kompeterende tennis gespeel het en altyd aktief betrokke was by sy gemeente, gemeenskap en kultuurorganisasies.

“Ons sal hom onthou as ‘n nederige mens wat baie geliefd en gerespekteerd was, sekerlik omdat hy almal wat sy pad gekruis het, met groot respek behandel het. Hy was klein van postuur maar groot van hart. Sy integriteit was onkreukbaar en sy werksywer legendaries. Hy was rasioneel, logies en beredeneerd, met ‘n wye algemene kennis en altyd ingelig oor wat in die wêreld aangaan. Hy het bitter min gekla en alles wat oor sy pad gekom het met toewyding hanteer,” sê sy seun, prof. Jan Crafford.

‘n Gedenkdiens vir Jan Ernst Crafford is Maandag, 7 Oktober, in Modimolle gehou. Hy  laat sy eggenote, Dorothy, sy kinders Erina, Ria en Jan, en vyf kleinkinders agter.

 

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines