

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 October 2013
‘n Een-en-dertigjarige man van Makhado (Louis Trichardt) wat glo ‘n verbintenis het met ‘n bende wat kluise en OTM’s opblaas, het verlede week in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.
Die man, wat nie gepleit het op die klagte teen hom nie, kan nog nie geïdentifiseer word nie. Hy het saam met drie ander mans verskyn op een klag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ‘n klag vir die besit van onwettige ammunisie. Die mans het verlede Donderdag vlugtig in die hof verskyn, en is elkeen op R1 000 borg vrygelaat.
Die 31-jarige man en sy mede-beskuldigdes kan verdere klagte in die gesig staar as hulle deur middel van ‘n polisie ondersoek met inbrake verbind word waar ‘n kluis of kitsbank oopgeskiet is.
Hulle sal weer op 8 November in die hof moet verskyn.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
