ADVERTISEMENT:

 

Die Guardian Angels omgeegroep van Hoërskool Louis Trichardt loods ‘n veldtog teen dwelms op ‘n vars, kreatiewe manier. Hier is ´n plakkaat, "We are too smart too start", afgeneem by die boom op die bult op die terrein, ´n gewilde bymekaarkomplek van dwelmmisbruikers. Van links na regs is Guardian Angels Dumisani Sambo, Faith Makubele, Phillipine Mpai, Tendani Munzhedzi en Nduvheni Mafune. Foto verskaf.

Vars, kreatiewe veldtog teen dwelms by skool

 

News  Date: 18 October 2013

 

Die Guardian Angels omgeegroep van Hoërskool Louis Trichardt loods ‘n veldtog teen dwelms op ‘n vars, kreatiewe manier.

“Ons het fisies na die plekke op die skoolterrein gegaan wat gewilde bymekaarkomplekke vir dwelmgebruikers is en daar foto’s van die Guardian Angels geneem en in plakkate verwerk wat gedupliseer en oral by die skool opgesit gaan word,” sê pastoor Jan Venter, ‘n jeugpastoor wat aan die hoof van die omgeegroep van 18 lede staan.

Op een van die plakkate staan “We are too smart to start”. Dit is afgeneem by die boom op die bult op die terrein tussen die skoolgebou en die koshuise. “Ons neem ‘n standpunt in teen dwelms in die gemeenskap en die skool. Ons wil ‘n positiewe drukgroepkultuur skep. Die dwelmmisbruikers is in die minderheid. Om aanvaar te word, is ‘n kernbehoefte by jongmense. Met die plakkate wil ons die kinders daarop wys dat dit cool is om nie dwelms uit te probeer nie. Die gevolg van eksperimentering is verslawing,” sê past. Venter, wat meen dat ‘n toename in dwelmmisbruik verskillende aksies genoodsaak het.  ‘n Dagga joint is beskikbaar teen R30 en die kinders is meestal onbewus daarvan dat dit gemeng is met TIK en Meth, wat hoogs verslawend is.

Die waarnemende hoof, mnr. Theo Muller, het ook reeds verhoogde polisiebetrokkenheid aangekondig. Die polisie het al ‘n praatjie gehou en sal hierdie kwartaal blitsbesoeke aan die skool bring om na dwelmmiddels te soek.

Die ander plakkate van die Guardian Angels is afgeneem by die seunsbadkamer, die vullisdrom by die seunskoshuis en tussen die twee pawiljoene naby die seunskoshuis.

Die Guardian Angels bestaan al van 2007 af en die doel van die omgeegroep is die welsyn van elke leerling in Hoërskool Louis Trichardt, asook om na die gemeenskap uit te reik. Die koördineerder van die skool se kant is me. Jenny de Klerk.

Gebed word beskou as ‘n suksesvolle wapen teen die dwelmprobleem. Prayer in the Square  is nog ‘n nuwe inisiatief, waar daar gebid word teen dwelms in die skool en gemeenskap.  Na verneem word wil een kind, wat onder die ander as druglord bekendgestaan het,  nie meer dwelms versprei nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines