ADVERTISEMENT:

 

R10 000 beloning vir 'n lewendige jagluiperd

 

News  Date: 19 April 2002

 

In 'n poging om die onnodige uitwissing van jagluiperds hok te slaan, het die Nasionale Jagluiperd Bestuursprogram (NJBP) besluit om die kompensasie wat aan grondeienaars betaal word vir lewendige jagluiperds, te verhoog vanaf R5 000 na R10 000 per dier.

Volgens mnr. Deon Cilliers, voorsitter van die NJBP, is daar in Suid-Afrika hoofsaaklik drie areas waar jag-luiperds nog redelik wild voorkom, naamlik die Noordelike Provinsie, Noordwes Provinsie en die Noord Kaap. Die hoogste konsentrasie jagluiperds, sê hy, word in die Noordelike Provinsie aangetref, veral agter die Soutpansberg. Die diere jag gewoonlik in groepe van twee tot vyf mannetjies, terwyl wyfies in die algemeen alleenlopend is. Mnr. Cilliers sê dit is juis die groepe mannetjies wat gewoonlik die probleme veroorsaak en sodoende maak dat boere die diere op sig vernietig.

Die doel van die kompensasie fonds, sê mnr. Cilliers, is om grondeienaars wat las het van jagluiperds eerder te oortuig om die sogenaamde "probleem" diere te vang en aan die NJBP te oorhandig vir hervestiging. Die grondeienaars, sê hy, word dan gekompenseer vanuit die Nasionale Jagluiperd Bestuursprogram en ontvang dus 'n skenking vir sy moeite en (moontlike) verliese.

Die NJBP is 'n gesamentlike poging vanaf formele en informele bewaringsorganisasies, landbou-organisasies, asook die jagbedryf om 'n oplossing te bewerkstellig vir beide die grondeienaar en die jagluiperds wat op hul plase voorkom. Alle gesonde jagluiperds wat aan die NJBP oorhandig word, word saam met die betrokke bewaringsowerhede hervestig op reservate regoor Suid-Afrika waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Laasgenoemde vorm deel van 'n metapopulasie bestuursprogram. Fondse wat op hierdie manier gegenereer word, word gebruik om die kompensasieskema te befonds, asook om noodsaaklike navorsingsprojekte wat op die bewaring van jagluiperds gemik is, te befonds.

Boere en grondeienaars wat meer inligting en raad benodig oor die projek, kan vir mnr. Cilliers skakel by 082 853 1068 of vir Thys de Wet by 072 267 0634.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines