

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 November 2013
Die verhoor van ‘n NG-leraar van Makhado (Louis Trichardt) sloer steeds voort, nadat sy saak op versoek van sy regsverteenwoordiger verlede Donderdag, 31 Oktober, weereens uitgestel is.
Philip Arnoldus Venter (58), leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het verlede week vir ‘n vierde keer in die distrikshof hier verskyn. Volgens sy klagstaat sal hy teregstaan op klagte wat verband hou met die nalatige verlies van ‘n vuurwapen(s) ingevolge die Vuurwapenwet, asook bedrog.
Venter het op 5 Julie vir die eerste keer vlugtig in die hof hier verskyn op al die klagte, waarna sy saak uitgestel is tot 2 Augustus. Tydens laasgenoemde verskyning is hy gewaarsku om weer op 27 Augustus in die hof te wees, waartydens sy saak uitgestel is tot 31 Oktober vir verhoor.
Verlede Donderdag is daar verwag dat daar met die verhoor begin sou word. Al die getuies was by die hof, gereed om te getuig, maar daar is egter agter geslote deure besluit om die saak weer uit te stel.
Die uitstel volg nadat Venter se regsverteenwoordiger, mnr. Jaco Venter, gevra het vir nadere besonderhede in die saak, oftewel uitsluitsel oor al die klagte teen sy kliënt. Daarbenewens het Venter se regsverteenwoordiger ook aangedui dat hulle ‘n vertoë aan die Direkteur van Openbare Vervolging gaan rig om te beslis of Venter wel vervolg moet word.
Venter se saak is uitgestel tot 31 Januarie 2014.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
