

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 December 2013
Dit is weer tyd om die spreekwoordelike bal aan die rol te kry vir Makhado (Louis Trichardt) se eie Cansa Relay 2014.
Die volgende Relay beloof om nog groter en beter te wees, maar dit kom met nuwe uitdagings wat betref voorbereiding en die inskrywing van spanne. Vir volgende jaar mik die plaaslike Cansa-komitee om ‘n 100 spanne ingeskryf te kry.
Enige iemand kan deelneem in spanverband, insluitend families, vriende, skole, sportklubs, besighede, liefdadigheidsorganisasies en selfs staatsdepartemente. “Ons daag hierdie jaar se spanne uit om nou alreeds in te skryf, en om ander organisasies uit te daag om ook in te skryf,” het plaaslike Cansa-voorsitter mnr. Dirk Meissenheimer gesê. Hy het Maandag tydens ‘n span-inligtingsvergadering gepraat oor die vooruitsigte van die volgende Relay for Life.
Spanne moet bestaan uit 10 tot 15 persone per span en deelname kos R500 per span, of R750 vir ‘n span wat bestaan uit 15 lede. Geregistreerde spanne kan ook ‘n staanplek op die baan van ongeveer 3m x 4m kies en hul eie gazebo opslaan. Indien die gazebo groter is, moet twee staanplekke bespreek word. Daar is ook 10 "uitsoek" plekke beskikbaar teen R5 000 per span, reg voor die verhoog.
Belangstellendes word gevra om so spoedig moontlik hul spanne in te skryf en te registreer by Sinette Olwage by 079 050 0074 of vir Mariette by 082 218 5359.
Volgende jaar se Relay sal op 28 en 29 Maart aangebied word op die sportvelde van die Hoërskool Louis Trichardt. Daar sal streng beheer toegepas word by die ingangshekke, en geen drank, sigarette of dwelms sal toegelaat word op die veld nie. Spanne wat voor die tyd ook wil fondsinsamelingsprojekte aanbied, word aangemoedig om dit te doen, mits hulle deeglik boek hou van geld wat ingesamel word. Die boekhouwerk moet aan Cansa voorgelê word.
Vir meer inligting hieroor kan Dirk geskakel word by tel. 082 789 3927 of Nicky Olwage by 015 516 0164.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
