

ADVERTISEMENT:

News Date: 05 April 2002
LOUIS TRICHARDT - 'n Lid van die Onderhouds-afdeling op LMB Louis Trichardt, Douw Nel, het in Maart 'n opgeskorte vonnis ontvang na hy skuldig gepleit het op 'n klag van diefstal.
Nel het erken dat hy in 1997 'n kragopwekker gesteel het en dit vir R10 000 verkoop het. Hy is gevonnis tot agtien maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar, op voorwaarde dat hy R2 500 terugbetaal aan die persoon aan wie hy die kragopwekker verkoop het en hy nie weer aan 'n soortgelyk klag skuldig bevind word nie.
Nel is een van twee persone wat in verband met die diefstal aangekeer is. Sy mede-aangeklaagde, André Els, het onskuldig gepleit en sy saak is uitgestel tot 25 April. Els is ook 'n werknemer van die Onderhoudsafdeling op LMB Louis Trichardt.

ADVERTISEMENT:
